Temba Travel

Island Safari Lodge

Maun Botswana

Tel: +27 (0) 21 855 0395
BESPREEK NOU>>


Algemene inligting oor Island Safari Lodge

.Island Safari Lodge is deel van Maun in Botswana sedert 1973.  Dit is toe gebou deur die legendariese Tony Graham.  Ek het die plek in 1986 vir die eerste keer besoek en was onmiddelik verlief daarop.

Island Safari Lodge is op die oewers van die Thamalakane Rivier.  Geen ander lodge in Maun het so n mooi uitsig nie. Sedert my eerste besoek is dit vir my moeilik om myself in te dink om in n ander plek te bly.

Die masiewe bome verskaf nie net skaduwee nie, maar lok n groot verskeidenheid voëls.  Die plek is werklik n paradys vir almal wat lief is vir voëlkyk.

Die lodge kom baie basies voor en is beslis nie luuks nie. Die personeel doen hul beste, maar die beleid van die lodge is om plaaslike mense optelei, eerder as om mense van buite te kry om in die lodge te werk. Sodoende baat die plaaslike gemeenskap  by jou besoek.

Die gevolg is dat die etes bv ook baie basies is en beslis nie met meesterstukke deur beroep sjefs vergelyk kan word nie.  Ek geniet nietemin altyd die informele spyskaat en nog meer so die buffet aande.

Die ontspannings area rondom die oop bar, restaurant en swembad is massief.  Dit verleen die ruimte wat nodig is om ook privaat te kan verkeer.  Die feit dat Island Safari Lodge nooit te veel besoekers is nie, maak die plek gewild.

Chalets by Island Safari Lodge

groot swembad Island Safari Lodge

Die ligging

Island Safari Lodge is ongeveer 10 km van die lughawe.  Ry met die hoofpad wat van Maun na Moremi loop.  Net voordat jy die brug oorsteek sal jy ons bord aan die linkerkant vind.  Draai links en ry vir 3 km met die grondpad. Die pad is geskik vir alles voertuie alhoewel motors wat baie laag is dalk mag sukkel met die effense los sand.

kroeg  Island Safari Lodge
island Safari Lodge

Akkommodasie

Ongeag die feit dat die lodge reeds meer as 30 jaar oud is plek, plek ‘n opgradering benodig bied dit steeds basies en ruim akkommodasie.  Gaste word in 12 chalets of in 6  standaard kamers gehuisves.  Vanselfsprekend is alle akkomodasie toegerus met n gerieflike badkamer, lugversorger en DSTV, Die kamers is redelik eenvoudig maar gerieflik gemeubileer met hout uit die plaaslike omgewing

Die standard kamers is langs mekaar en daarom gewild onder families wat die Okavango Delta en ander besienswaardighede van Maun besoek.  All kamers het gratis wifi, mits die diens verskaffer nie die lodge in die steek laat nie.  Mense vergeet soms hoe afgesonder Maun is. Ironies ten spyte van die feit dat dit juis die rede vir hul besoek aan Island Safari Lodge is. Wees asb geduldig as iets verkeeerd loop.

Slaapkamer Island Safari Lodge

Badkamer Island Safari Lodge

Kampering

Island Safari Lodge bied ook n kamppeerterein in die skaduwee van die massiewe bome. Die kamplek het twee ablusie bloke en kampers deel dus die geriewe.  Daar is kragpunte en genoeg plek om te braai.

Daar is geen gras in die kampterrein nie.  Gereelde besoekers aan Botswana sal weet dat daar baie min kamplekke met gras in die land is.  Mense op hul eerste besoek aan Botswana mag dit as n teleurstelling ervaar, maar jy sal gou agterkom dat dit die standard praktyk in Botswana is.

Daar is n reuse swembad by die kamp terrein waar almal wat n meer sosiale omgewing verkies kan ontspan en speel terwyl die stiller natuur liefhebbers, die swembad wat by die kroeg is, kan gebruik.  Terwyl ouers n drankie met sonsondergang geniet kan die kinders raas en baljaar in die groot swembad ver van die rustige ontspannings gedeelte. Jonger mense en tieners verkies gewoonlik die meer besige omgewing rondom die groot swembad.

Kampering by Island Safari Lodge
Kampering

Jy sal tuis voel by Island Safari Lodge as jou prioriteit basies bekostigbare akkommodasie in n pragtige natuurlike omgewing is.  As jy luukse akkommodasie verkies sal Temba Reise jou beslis ook daarmee help.


My voorkeur bly egter Island Safari lodge met sy basiese akkommodasie in n pragtige omgewing.
Andries Erwee
Temba Reise